Hoe om kommer-goggas mak te maak: ‘n Afrikaanse kinderboek oor angstigheid

$ 14.00

‘n Kleurvol geïllustreerde kinderboek om kinders met angstigheid te help. Die storie en illustrasies is deur Liesl van der Hoven.

Spelterapeut Lenka de Villiers-van Zyl het as raadgewer opgetree om die oefeninge wat in die storie ingesluit is, te ontwikkel. Sy het ook die gidsafdeling vir ouers geskryf.

Hierdie storie is ideaal vir kinders tussen 4 en 9 jaar oud.

Category:

Description

Kiki die klipspringer is angstig oor ’n skoolpiekniek waarheen sy moet gaan. Sy bekommer haarself oor alles wat moontlik verkeerd kan gaan, in plaas daarvan om uit te sien na ’n opwindende dag saam met haar maatjies.

Sal haar gewone manier om angstigheid te hanteer haar help, of meer probleme veroorsaak?

Lees meer oor die nuttige maniere om angstigheid aan te pak wat Kiki in hierdie storie ontdek.

Vind ook ’n gidsafdeling vir ouers oor hoe om kinders met angstigheid te ondersteun agter in hierdie boek.

Besonderhede oor hierdie boek:

Sagteband: 32 bladsye
Uitgewer: Fairy Caravan (Oktober 2018)
Taal: Afrikaans
ISBN-13: 978-0-6399641-1-9
Produk Dimensies: 148mm x 207mm (+/- A5 Grootte)

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Hoe om kommer-goggas mak te maak: ‘n Afrikaanse kinderboek oor angstigheid”